Siewert Jacobus WIIDAge: 64 years17301794

Name
Siewert Jacobus WIID
Given names
Siewert Jacobus
Surname
WIID
  1. Generation 1
    1. Siewert Jacobus WIID was born on 5 April 1730 in Kopenhagen, , DENEMARKE, and died on 31 July 1794 in Kaapstad, Weskaap, SUID AFRIKA, at the age of 64. He married Aletta Lasya GREYLING, daughter of Jan GREYLING and Jacomina PELTZER, on 10 December 1758. She was born estimated 1742.

Birth 5 April 1730
Longitude: E12.565278
Latitude: N55.675835
Quality of data: primary evidence
Immigration 1752 (Age 21 years)

Quality of data: primary evidence
MarriageAletta Lasya GREYLINGView this family
10 December 1758 (Age 28 years)

Quality of data: primary evidence
Quality of data: primary evidence
Death 31 July 1794 (Age 64 years)
Longitude: E18.423056
Latitude: S33.925835
Quality of data: primary evidence
Unique identifier
0BDA106C8CF24BA0949754BAF912791CA3D9
yes

Last change 18 July 201509:25:46

Family with Aletta Lasya GREYLING - View this family
himself
wife
Marriage: 10 December 1758

BirthBlignaut Stamboom en Verwante Genealogieë http://www.philip.co.za
Quality of data: primary evidence
ImmigrationBlignaut Stamboom en Verwante Genealogieë http://www.philip.co.za
Quality of data: primary evidence
MarriageGeslagsregisters van die ou Kaapse Families
Quality of data: primary evidence
MarriageGreyling E-boek http://www.geocities.com/hendrik_louw/greyling.html
Quality of data: primary evidence
DeathBlignaut Stamboom en Verwante Genealogieë http://www.philip.co.za
Quality of data: primary evidence
Shared note
Op 12 September 1750 wens die Deense Asiatiese Maatskappy die seilskip, die Kroonprinses van Denemarke met Swen Finger as kaptein en Siwert Jacobsen Hvidt as kuiper, voorspoed toe vir die langreis na die fabelagtige speseryryke Ooste. Die eerste skof van 7 000 myl tot by die Suidpunt van Afrika is redelik voorspoedig afgelê en dit het ook betreklik gou gegaan want nadat Finger wateren verversings in Tafelbaai ingeneem het, het hy op 12 Februarie 1751 die anker gelig vir die tweede skof, die kortste een do g ook sowat 6 000 myl na Tranquebar, 'n hawestad aan die Ooskus vanIndië. Daar het hy weens teenwind eers op 30 Mei anker kon gooi. Eers op 14 Oktober lig hulle weer anker vir 'n bestemming op die Weskus van Indië, vermoedelik Kalikoet, want hulle het nog peper kortgekom. Eers op 10 Februarie 1752 span hulle weer die seile vir die Kaap van Storms wat dit tog maar nog gebly het soos hulle sou uitvind ondanks sy verdoping na die Kaap die GoeieHoop. Op 18 April 1752 kom die Kuslyn van Afrika in sig maar daarm ee ook die storms. Die teistering was onafgebroke en op die 15de Mei word kajuitraad gehou en bevind dat die skip dit nielanger meer kan staan nie; trouens die bemanning is siek en baie is al dood. Wat die stomme jong man wat moes toesien dat die vaartuig heel en vlotbaar bly, moes wedervaar en verduur het, kanmens maar net gis, te besig om siek te word, te onmisbaar om te sterf. Die toevlugsoord wat die skeepsraad in gedagte gehad het, was volgens die skeepsregister Pue del Gao, maar dit het geblykbuite bereik te wees en 10 dae later kom die trotse Kroonprinses so te sê op haar knieë by die mond van klein Palmietrivier sowat 20 myl wes van Mosselbaai, waar daar anker gegooi is. Twee vandie bemanning word aan wal gesit om hulp te kry en as mens dink aan d ie lek in die voorstewe van die skip wat die kuiper se verantwoordelikheid was, dan was Siwert ongetwyfeld een van die twee.Hierdie voorval van 'n Deense vragskip op anker aan 'n kaal haai stuk kus geleë in die Drostdy van Swellendam en dit in die winter, het groot opspraak verwek. Landbouer Jacobus Eykhof sitdadelik af soontoe en daarna na Swellendam om alles aan landdros Jan Andries Horak te gaan meedeel en laasgenoemde is ook na klein Palmietrivier om deeglik ondersoek in te stel. Kaptein Fingerhet op 6 Junie 1752 teruggevaar na Mosselbaai menende dat die omstandighede daar gunstiger sal wees. Op 5 Julie 1752 daag 'n stuurman van die skip op in Tafelbaai met 2 000 riksdalers en 'nversoek dat die skip deur twee Kaapse Skeepstimmerbase ondersoek moet wor d. Aan hierdie versoeke is voldoen asook om 'n bergplek op te rig vir die vrag. Die bemanning het 'n skuur opgerig virdie vrag; die Kroonprinses is nie op die strand gelaat om te vergaan nie maar dit het 'n watergraf gehad. In September was die seeliede s e taak van berging voltooi en sowat 20 man word beveelom agter te bly om die kosbare besittings op te pas en Siwert Hvidt en ander vertrek op 28 Oktober 1752 na Tafelbaai per kar om die 300 myl oor berg en dal met volop wilde diere en pragtigelenteblomme en bome af te lê. Toe die uur aanbreek om terug te gaan na die klam kille Noorde, het Siwert Hvidt besluit om in Suid-Afrika aan te bly. Hvid is die spelvorm van sy van in dieskeepsprotokol en alhoewel Wiidt, Wiedt, Wiit, Wiid variasies is wat in amptelik e stukke in die staatsargief aangetref word, het hy sy naam nooit anders as Wiid geteken nie.