Shared note
(Notas uit gedcom lêer vanaf Christo Heymans ontvang A0080) a1.b3.c6.d4.e9 Abraham Carel Greyling was waarskynlik gebore op sy ouers se plaas, Roodedam, distrik Rouxville, langs die Caledonrivier. Abraham Carel Greyling was 'n 20 jarige veeboer van die plaas Roodedam, distrik Smithfield, toe hy in die huwelik bevestig was met Isabella Susanna VAN STADEN. Die plaas Bankkraal wat aan Abraham Carel Greyling se vader, Paul Jacobus Greyling behoort het, waarvan Treurfontein (groot 480 morge en 480 vk. roede) afgesny is, lê aan die plaas Goedehoopwat tot 1897 aan Abraham Carel Greyling behoort het. Abraham Care l Greyling en sy gesin het tot ongeveer 1896/1897 op die plaas Goedehoop aan die Caledonrivier, distrik Rouxville gewoon. Dieplaas Goedehoop grens aan die plaas Bankkraal, wat aan sy vader Paul Jacobus Greyling, behoort het. Al die kinders van Abraham Carel Greyling was in die omgewing gebore. Die plase is digby die grens met Basoetoland en dit is waarskynlik dat Abraham Carel Greyling van heel jonk af betrokke wasby insidente en skermutselinge met die Basoeto's. Die ou woonhuis van Goedehoop, distrik Rouxville, staan steeds, asook verskeie perdestalle. Alles is omring met 'n netjiese klipmuur wat moontlik 'n verbetering op die oorspronklike muur was.Die omringde area is so groot dat ryperde hier deur hulle passie s geneem kon word. 'n Imposante woonhuis is in 1906 binne die omringde terrein opgerig en was vir jare die woning van dieFouche-familie. Tans staan hierdie woonhuis ook leeg. Die Greylings was groot perdekenners en perdeliefhebbers. Hulle liefde vir spogperde het egter by geleentheid tot 'n tragedie gelei. Op 11 Apr 1894 moes twee van die seuns, Abraham CarelGreyling toe 14 jaar oud, en sy jonger broer, Jacobus Frederik Greyli ng toe 10 jaar en 7 maande oud, twee spoghingste koudlei en laat water drink. Die hingste het die gerunnik van ander perdegehoor en aan die hardloop gegaan. 'n Haltriem het 'n slag om Jacobus se hand gevorm waarvan hy hom nie kon bevry nie. Hy is oor die ruwe terrein saamgesleep en onder die perdepote doodgekap.Min familielede weet vandag nog van die insident en van die ligging van die graffie. Gelukkig kon meneer Stefaans Fouche van die buurplaas, Constantia, in 1991 die graffie uitwys waar ditongeveer 300 meter van die plaasopstal onder 'n kareeboom verskuil lê. Die grafopskrif lees: "Aandenken voor het nageslagt van A.C. Greyling. My zoon Jacobus Frederik Greyling is geboren in hetjaar 1883 den 1 September en overleden in het jaar 1894 den 11 April. M et deze woorde GOD roept my. Nu volgt Gezang 186: Spoedig zal het uurtje kom in dat uit deez jamren haalt. Zy vassoheligchaam rust in vrede". Dit skyn asof die gesangversie uit die kop uitgebeitel is. Dit is nie duidelik wat met "vassohe" bedoel is nie. Die ou Gesang 186 is 'n gesang met pragtige woorde van berusting. Dit bestaan uit5 verse. Die eerste lui: "Spoedig zal het uurtje komen, Dat mij uit deez' jamren haalt; Bij GODS zacht ontslapen vromen Is de rust mij reeds bepaald: Waarom dan zoo lang geklaagd, Daar mijn heil in 't sterven daagt ?". Vroeg in die jaar 1897 het hy die plaas Groenfontein, 4.068 morge en 475 vk. roede groot, wat aan die dorp Smithfield grens, vir die bedrag van Pond 5.055 van Burt Hugo gekoop. Abraham CarelGreyling moes op daardie stadium 'n vermoënde man gewees het. Die vermoede bestaan dat hy nog beeste op Goedehoop gehad het terwyl hy al op Groenfontein gewoon het. Volgens die boedel van Abraham Carel Greyling het hy later ook die aanliggende plasie, Klipplaatsfontein Nr. 31, wat 174 morge groot was, gekoop. Dit was deel van die plaas wat later bekend wasas Vierhoek. Groenfontein was een van die eerste uitgemete plase van die Smithfielddistrik. Volgens 'n amptelike staatsertifikaat of grondbrief, gedateer 15 Jul 1850, was burger Smit die eienaar (waarskynlik dan ook die eerste eienaar) van die plaas Groenfontein in dieWilgebosspruitwyk. Die "guit rent" was twee pond per jaar. Volgens 'n lys van die Landkommissie van 9 April 1849 was burger Smit ook die eienaar van die plaas Groenspruit (Prinsloo, p111). Groenspruit het later deel van die groot plaas Groenfontein gevorm. Die sertifikaat lui soos volg: "Deze geheele plaas werd op 8 April 1862 verkocht en op 12 April 1862 te Bloemfonteingetransporteerd en geregistreerd ten faveure van Burghert Johannes Step hanus Hugo. Koopsom Pond 1.250". Die daaropvolgende paragraaf lees: "Voor deze plaatz word ene grondbrief (met kaart door Landmeter F.H. Hopley) in de volgende termen uitgereikt: Gelegen in de wyk "Wilgeboomspruit", districtCaledonrivier. Groot (volgens kaart) 4.064 morgen. Jaarlyksche r ecognitie Pond 2. Verleent aan Burghert Johannes Stephanus Hugo, op regt van aankoop, als boven vermeld. Grondbrief gedateerd 22 Mei 1862. Grondbrief getekend J.W. Spruyt, W. President, O.V.S. Gerigistreerd te Bloemfontein op 24 Jun 1862 en aan (onduidelik) op 3 Jul 1862 uitgereikt". Burghert Johannes Stephanus (Burt) Hugo het vir baie jare op Groenfontein gewoon en geboer. Dit was 'n mooi plaas met goeie weiding wat veral geskik was vir skaapboedery en beeste op 'nbeperkte skaal. Die hoofopstal lê slegs 4,5 km oos van die dorp Smithf ield, aanliggend aan die dorpsgrond. Daar was 'n stewige woonhuis met 18 dm buitemure (45 mm). Die hoë plafon word gestutdeur sterk geelhoutbalke, met 'n solder oor die hele lengte en breedte van die huis. Digby die huis was die groot waenhuis en ruim per destal. So stewig was die huis en buitegeboue gebou dat ditvandag nog deur die huidige eienaar, Hendrik Swanepoel, sy seun Willie en die se gesin, bewoon word. Noord van die huis, in die Groenspruit, vorm 'n reuse grondwal een van die grootstegronddamme i n die distrik. In goeie reëntye word etlike morge onder water gestoot. Vir 'n groot veeboer is dit 'n ideale suiping vir diere, terwyl koring en groenvoer aan die vrugbare oewersvan die spruit aan die onderkant van die damwal onder besproeiing geplaas kan word. Getrou aan die lewensgewoonte van die tyd het die groot plaas van meer as 4.000 morge in die vorige eeu en tot laat in 20ste eeu, verskeie mindergegoede boere in "bywoners"-huise gehuisves.Vandag vorm Groenfontein drie afsonderlike plase. Die gedeelte Groenspruit, word soos Groenfontein, in die oorspronklike woonhuis permanent bewoon. Abraham Carel Greyling begin in 1897 op die plaas Groenfontein te boer. Abraham Carel was in die fleur van sy lewe, 'n forse, imposante figuur. Volgens sy kinders was hy geweldig sterk enuiters streng, met 'n onverskrokkendheid wat aan onverskilligheid ge grens het. Saam met Abraham Carel Greyling (nou 50 jaar oud), het ook sy seuns, Paul Jacobus (22 jaar), Abraham Carel (Klein Abraham - 20 jaar), Hendrik Petrus (18 jaar), en sy skoonseun, Gert RobbertzeBOTMA van Limburg, die Smithfieldkommando vergesel. Twee ander s koonseuns, Abraham Carel HEYMANS en Hendrik DU PLESSIS, was ook êrens by 'n kommando. Volgens die Oorlogmuseum te Bloemfontein,was Abraham Carel Greyling op 15 Mar 1901 op sy plaas Groenfontein, krygsgevange geneem. Op 2 Mei 1912 is die drie plase as gelyke gedeeltes van die plase Groenfontein Nr. 201 en Klipplaatfontein met kaart en transport in die name van die drie seuns geregistreer.
Last change 20 July 201416:32:23

Unique identifier
0B494027220F4FD19C085CC2BC04FE750195
yes

Given names Surname Sosa Birth Place Death Age Place Last change
Abraham Carel GREYLING
27 June 184916813 June 190411354Smithfield, Oranje-vrystaat, , ,18 July 2015 - 08:02:36