Shared note
Jacobus Johannes Cornelis (Japie) Greyling, is gebore in 1890 op die plaas Smaldeel in die distrik Hoopstad, Oranje-Vrystaat. Gedurende die 2de Anglo-Boereoorlog was Japie se vader en 2 ander ouer broers op kommando om teen die Engelse te veg. Een aand gedurende die oorlog, het sy vader so kommando op die plaas oornag. Die Engelse was kort op hulle hakke, en agter hulle bloed aan. Die oggend nadat die kommando vertrek het, daag dieEngelse dan ook daar op. Die offisier in bevel, 'n sekere kaptein JEB Sealy, kry dan ook genoegsame bewyse op die plaas dat die kommando wel daar oornag het. Nadat kaptein Sealy bietjie rondgekyk het, sien hy vir Japiedaar naby staan en besluit toe om hom te ondervra. Hoeveel van hulle was daar? Wie was almal daar? Waarheen is hulle op pad? Japie het egter geweier om sy vader se kommando te verraai. Kaptein Sealy was vasbeslote om die inligting te bekom, enbeveel sy soldate om Japie teen die huis se muur te laat staan voor 'n vuurpeleton. Hy het Japie 'n laaste maal vir die inligting gevra, en beloof om hom te bevry indien hy die inligting sou verstrek. Japie het egter nog steeds geweier. Kaptein Sealy het sy soldate beveel om korrel te neem. "Gereed!..." Stilweg beveel hy sy manne toe om te stop. Hy het na Japie gegaan, sy hand geskud en weer met sy soldate vertrek. Baie jare nadat die oorlog reeds lankal verby en byna vergete was, het die Engelse offisier steeds vertel van die dapper klein Boertjie wat hy in Suid-Afrika ontmoet het.
Last change 20 July 201416:32:23

Unique identifier
AB76812FD7694770B693880283F88546E18B
yes

Given names Surname Sosa Birth Place Death Age Place Last change
Jacobus Johannes Cornelis GREYLING
1890127Smaldeel, Hoopstad, Vrystaat, SUID AFRIKA,01954636418 July 2015 - 03:02:09